Fokofpolisiekar stel die naweek sy eerste album in 11 jaar bekend - en die album is gemaak deur skarebefondsing, beter bekend as "crowdfunding". Die gewilde rock-groep se teiken was om R500 000 in te samel. Dit is binne net 9 dae gedoen en uiteindelik is 'n miljoen rand ingesamel.Die eindproduk is getiteld "Self Medikasie" en is vervaardig en opgeneem deur Fokofpolisiekar self. Een van die lede van Fokofpolisiekar, Wynand Myburgh het sy ervaring van die projek met Hanri Wondergem gedeel.