Die tesourie het R40 miljoen aan die Departement van Landbou bewillig om boere in die stryd teen die verspreiding van die aansteeklike voëlgriep te help. Die berekening op die verliese is slegs tot September vanjaar. Miljoene hoenders is al sedert die uitbreek van die siekte in die land van kant gemaak. Die waarnemende direkteur-generaal van die Department van Landbou, Bosbou en Visserye, Mooketsa Ramasodi, sê die voëlgriep het intussen veel verder versprei as waarvoor begroot is.