Die vakbond wat 95% van stakende vlieëniers by die Mango-lugdiens verteenwoordig, sê sy lede sal staak solank dit nodig is om hulle salarisse markverwant aangepas te kry. Die Adjunk hoofsekretaris van Solidariteit, Deon Reyneke, sê die ontwrigting by die goedkoop lugrederye wat deel is van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, sal vererger, omdat die plan om die stakende vlieëniers te vervang, onvolhoubaar is. Die plan kos tien miljoen rand per dag. Die woordvoerder van Mango, Sergio Dos-Santos, hou vol dat die situasie onder beheer is, maar gee toe dat verskeie vlugte geraak word deur die staking.