President Jacob Zuma se regsverteenwoordiger, Advokaat Ishmael Semenya, het aan die Hooggeregshof in Pretoria gesê slegs die President kan 'n kommissie van ondersoek aanstel. Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het verlede jaar in haar verslag oor staatskaping bepaal dat President Zuma 'n kommissie moet aanstel. Die hof hoor President Zuma se hersieningsaansoek aan, oor die OB se regstellende optrede soos vervat in haar verslag.