Dit blyk dat daar nog geen poging van regeringskant af is om plastiek, wat orals op strande in KwaZulu Natal uitspoel, op te ruim nie. 'n Vragskip is tydens die storm sowat twee weke gelede beskadig en die vrag plastiek het so in die see beland. Die plastiek spoel nou orals op strande uit. Dit is nie nou 'n gevaar nie maar kan op die langduur, in die voedselketting beland. Die minister van Omgewingsake, Edna Molewa, was aanvangklik met Spektrum se navraag, nie bewus van die probleem nie....