Empatie is die eerste stap om boelies te stop. Dit is die boodskap van twee broers, wat self geboelie is, en nou bewustheid oor die kwessie skep. Die 11-jarige Timeon en die 15-jarige Reuben Jansen van Rensburg het in 2014 strokiesprente begin maak om die kwessie uit te lig. Die Avonture van Boelie en Boo is in Afrikaans, Engels, Xhosa, Spaans en Frans beskikbaar. En tot en met die 19de November, gedurende internasionale teen Boellie week, kan jy dit gratis aflaai. Reuben waarsku dat afknouery 'n langtermyn inpak op mense het .