'n Stelsel om vinnig DNS toetse op diere-produkte by Suid-Afrikaanse grense te doen, is vandag in die Nasionale Kruger Wildtuin bekendgestel. Meeste doane beamptes weet gewoonlik nie waarna hulle kyk nie en die toestel gaan dit verander. Die projek word in samewerking met die International Barcode of Life projek of IBOL, die universiteit van Johannesburg en die departement van omgewingsake bekendgestel. Professor Michelle van der Bank is van die Universiteit van Johannesburg.