Die verpolitisering van Swart Maandag het die stem van boere oor plaasveiligheid baie skade berokken. Dit is die gevoel van die landbou-unie, Agri SA wat homself distansieer van 'n protesoptog teen plaasmoorde na die Uniegebou wat vir eerskomende Saterdag beplan word. Dan Kriek, president van Agri SA, sê kommersiële boere is deur Afriforum genader om aan die optog deel te neem, maar dat hulle eerder na meer praktiese en inklusiewe oplossing gaan kyk.