ANC takke wat nie hulle nominasie proses teen Sondag wat nou verby is, voltooi het nie sal nie kan stem vir die volgende ANC president nie. Dit was die waarskuwing van die ANC sekretaris generaal, Gwede Mantashe voor hy die takke uitstel gegee het om die proses die afgelope naweek te voltooi. Verskeie provinsies soos Noordwes en die Vrystaat kon nie hulle nominasie proses betyds voltooi nie. Professor Erwin Schwella van die Universiteit Stellenbosch se Skool vir Openbare Leierskap verskaf meer besonderhede.