Die Esidimeni-verhoor is vanoggend weer vertraag deur die geskorste Gautengse direkteur vir Geestesgesondheid van die Departement van Gesondheid, Dr Makgabo Manamela. Haar regsverteenwoordiger, Lerato Mashilane het weer vir uitgestel gevra nadat Manamela laat weet het dat sy siek is en 'n dokter gaan spreek het. Sy is gedagvaar om haar rol te verduidelik in die dood van 143 pasiente wat uit Life Esidimeni geplaas is na fasiliteite wat nie vir hulle kon sorg nie.