Die voormalige Eskom-voorsitter, Zola Tsotsi, sê hy is deur die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Dudu Myeni, aangesê om vier bestuurders, insluitend die bestuurshoof, Tshediso Matona, te skors. Tsotsi getuig by die parlementêre ondersoek na korrupsie en wanbestuur by Eskom. Tsotsi het ook getuig dat hy deur president Jacob Zuma aangesê is om 'n raadsvergadering te kanselleer. Hier is van die getuienis wat hy vanoggend gelewer het.