Afrika lande het geen ander keuse as om nou saam te staan teen die storting van hoendervleis vanaf Europese Unie lande nie. Die praktyk is besig om die pluimveebedryf en alle bedrywe wat daaraan verbonde is dood te druk. Fairplay Suid-Afrika, te same met nog Afrika lande soos Ghana sê hierdie grens aan ekonomiese slawerny. Die stigter van die Fairplay Beweging, Francios Baird sê slegs 26 persent van hoendervleis wat plaaslik verkoop word, kom van Suid-Afrikaanse hoenderboere.