Voornemende reisigers, van enige plek in die wêreld, kan NOU op aankoms 'n 30-dae visum vir Rwanda ontvang. Rwanda se Direktoraat van Immigrasie en Emigrasie het die implimentering van die beleid in 'n verklaring bekendgemaak. Die nuwe regulasie het vanaf die eerste Januarie in werking getree. 'n Toerisme-kenner, Martin van Niekerk het aan Joan-Marie Verhoef gesê dat dit nie net reis na Rwanda sal vergemaklik nie, maar dat dit die land se ekonomie sal stimuleer.