Die polisie in Limpopo sê hulle is warm op die spoor van twee leeu stropers in die Makhado gebied. Twee mans is aanvanklik gearresteer nadat hulle 'n wit leeu gestroop het op 'n wildplaas in Makhado. Dit het daarna aan die lig gekom dat daar vier mans betrokke was by die stropery voorval. Die woordvoerder van die polisie in Limpopo, Luitenant Kolonel Moatshe Ngoepe sê hulle beoog om stropery in die provinsie heeltemal stop te sit.