'n Vragmotorbestuurder het glo gisteraand 'n botsing veroorsaak op die R512 naby Lanseria in Gauteng, in 'n poging om mense wat sy voertuig met klippe gooi, te vermy. Die klippe het sy windskerm getref en sy sig belemmer, waarna hy glo probeer wegjaag het. Besonderhede oor die voorval is nog vaag. Die polisiewoordvoerder, Luitenant Kolonel Lungelo Dlamini sê hulle is nog nie bewus van die voorval nie.