Al die navorsing wat op die strande gedoen word oor Seeskilpaaie, beland uiteindelik by Suid-Afrika se voorste marine- navorser wat spesialiseer in seeskilpaaie, Prof Ronel Nel . Nel is verbonde aan die Nelson Mandela universiteit. Sy het ook pas 'n navorsingsbeurs van Pew Marine Navorsing instituut ontvang om die seeskilpaaie wat aan ons kus, nes maak, te bestudeer. Suid-Afrika is tans die leier in navorsing en dit wat bekend is oor seeskilpaaie in die wereld. Nel sê dat baie min Suid-Afrikaners bewus is van hulle eie erfenis in die land.