Klein leerrug en karet-seeskilpadjies spoel oral op Wes-Kaapse strande uit. Die Twee Oseane Akwarium in Kaapstad sê as mense op die seeskilpaaie afkom, moet hulle eerder na die akwarium geneem word en NIE in die see gegooi word nie. Die jong seeskilpaaie is afkomstig van die KwaZulu-Natalse Noordkus waar hulle uitbroei tussen Januarie en einde April. Peter Jacobs van Ufudu Seeskilpadbewaring sê die skilpaaie word deur stroms en sterkseestrome in die kouewater gedruk, waar hulle dan onaktief raak weens die koue.