Waar kom die seekos op jou bord vandag? Dit is vanjaar die groot vraag tydens die Internasionale Volhoubare Seekosweek veldtog wat tans aan die gang is. 'n Derde van alle vis en ander seekos wat gevang word, word op 'n onwettige manier gedoen, en dit vind sy weg tot op jou bord. Pavitray Pillay die bestuurder van die Wêreld Natuurlewe Fonds se Suidelike Afrika Volhoubare Seekos Inisiatief of Sassi sê tydens 'n simposium oor die kwessie het dit duidelik geword dat dit baie moeilik is om die aspek van vissery te polisieer.