Supersport sê hulle praat met alle partye oor die voorval waartydens die voormalige Springbok-speler en nou rugbykommentator, Ashwin Willemse, van die stel af geloop het. Die beeldmateriaal van die voorval het groot aandag op sosiale media getrek. Willemse sê sy mede-ontleders, Naas Botha en Nick Mallet, het hom op 'n neerhalende wyse behandel. 'n Mede-skrywer van Willemse se biografie en ook die skrywer van Errol Tobias se biografie, Heinrich Wyngaardt, het met Vincent Mofokeng oor die voorval gepraat.