'n Video van twee mans wat 'n olifantkalf uit 'n hou-dam by die Phalaborwa Kopermyn red, het sosiale media aan die gons. Die kalf, Amanzi, het vermoedelik in die dam geval, terwyl sy trop daar water gedrink het. Johan Bezuidenhout en Quinton du Plessis van elektriese dienste by die myn het die olifant uit die dam gered. Amanzi is nou by die Hoedspruit Sentrum vir Bedreigde Spesies. Die assistentkurator Linri Jansen van Rensburg sê hy was vermoedelik 'n ruk lank in die dam vasgekeer.