Die Universiteit van Pretoria is tydelik gesluit weens 'n betoging. Studente wat teen die gebruik van Afrikaans as die universiteit se administrasietaal betoog, het lesings by die Hatfield- en Groenkloofkampusse ontwrig. Intussen het 27 studente in die plaaslike landdroshof verskyn. Hulle aansoek om borgtog is tot 7 April uitgestel. Volgens die universiteit se woordvoerder, Anna-Retha Bouwer, is albei kampusse gesluit.