Vandag is Wêreld-Oorsorgdag. Die tema die jaar is gehoorverlies onder kinders. Ouers word aangeraai om vroeg reeds op gevaartekens te let - en daar is heelwat raad beskikbaar oor wat om te doen. Minstens twintig persent van die bevolking lei aan gehoorverlies. Tiaan Boshoff is die pa van 'n seun wat met 'n gehoorgestremheid gebore is. Boshoff sê al is daar wetgewing wat voorsiening maak vir mense met gehoor gestremdhede om na-aan normale lewens te lei, word baie min daarvan geïmplementeer. Hy sê vir hom as ouer was dit 'n opdraende stryd om sy seun deur die skool en universiteit te kry. Hy sê een van die grootste probleme vir mense met gehoor gestremdhede is dat hulle misverstaan word.