Die SAUK-bestuur ontken dat daar 'n krisis by die openbare uitsaaier is, ná die skorsing van drie joernaliste en die bedanking van sy waarnemende groepshoof. Die bestuur beskryf die ANC se uitlatings oor die openbare uitsaaier as misleidend. Die voorsitter van die ANC se subkommittee oor kommunikasie, Jackson Mthembu, het vroeër gesê swak bestuur op die hoogste vlak by die SAUK is verantwoordelik vir die chaos by die openbare uitsaaier.