Die Hooggeregshof in Pretoria het alle aanklagte teen Nico Henning teruggetrek. Henning is daarvan beskuldig dat hy sy vervreemde vrou, Chanelle, se moord beplan het. Chanelle is in November 2011 voor haar vierjarige seun se kleuterskool in Faerie-Glen in die ooste van Pretoria, in haar motor doodgeskiet. Sy en Henning was ten tye van die moord gewikkel in 'n toesigstryd vir hulle seuntjie. Die aanklagte is teruggetrek omdat die staat nie vandag met die saak kon voortgaan nie. Liela Magnus doen verslag.