Ons berig daagliks oor die moeilike omstandighede waaronder boere in die land moet werk. Opkomende boere in die Dysselsdorp-omgewing in die Klein-Karoo het onlangs gesê dat weens 'n gebrek aan hulp van die regering hulle plase agteruitgaan. Dit kan veroorsaak dat die boere nie meer verder kan boer nie. Die droogte en die voortslepende debat oor grondbesit, maak dit ook 'n moeilike sektor om in voort te bestaan. Elzet Rautenbach, voorheen 'n modeontwerper van vroueonderklere en swemdrag en later onderwyser, het haar nie laat afskrik nie. Rautenbach is nou die voorsitter van die jongboer-komitee van TLU SA. Sy sê vroue kan in hierdie sektor floreer.Sy is 'n beesboer op Tweeling in die Vrystaat.