Sylvester, die rondloper leeu van die Karoo, sal vandeesweek geskuif word na sy nuwe tuiste in die Addo Olifantpark, saam met twee leeuwyfies. Sylvester het die land vroeër vanjaar aan die praat gehad, nadat hy twee keer uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het. Die span van SANPARKE wat hom uiteindelik gevang het, het die afgelope naweek 'n Kudu-toekenning ontvang vir hulle brawe optrede. Surprise Mlambo sê hy was nooit bang terwyl hulle na Sylvester gesoek het nie.