Die hulporganisasie, Operation SA, was onlangs in die oorloggeteisterde Sirië om die R10-miljoen wat hulle ingesamel het, te gaan oorhandig. 'n Verteenwoordiger van die organisasie, Yusuf Abramjee, sê dit was 'n lewensveranderende reis om te sien hoe weeskinders sonder kos en klere probeer oorleef. Abramjee het Suid-Afrikaners bedank vir hulle bydrae aan die inwoners wat in hierdie oorlogsgebied bly.