Indien daar nie vertroue tussen die verskillende ekonomiese rolspelers in die land is nie, veroorsaak dit onnodige spanning in die landbousektor. Een saak waaroor daar baie spanning is, is grondhervorming. Op die langduur kan die onsekerheid oor die grondhervormingsbeleid tot voedselonsekerheid lei. Die verbruiker sal die duurste prys betaal as die kwessie nie opgelos word nie. Suzanne Paxton gesels hieroor met Roelf Meyer van die transformasie-inisiatief, TP Nchocho van die Landbank, en Jannie de Villiers van GRAAN SA.