Voormalige president Nelson Mandela se mediese dokter, Vejay Ramlakan, kan gedagvaar word ná die publikasie van sy boek MANDELA'S LAST WALK. Die voormalige geneesheergeneraal van die Weermag, ontbloot hierin besonderhede van Madiba se laaste dae. Die eksekuteurs van sy boedel, adjunkhoofregter Dikgang Moseneke, en Mandela se weduwee, Graca Machel, glo Ramlakan het die vertrouensooreenkoms tussen dokter en pasiënt verbreek. Marlinee Fouche het die besonderhede.