Die Gupta-gesin bevraagteken die egtheid van die sogenaamde Gupta Leaks e-posse. In 'n onderhoud met BBC Radio 4 het een van die Gupta broers, Atul, ook beweer die konsep van witmonopoliekapitaal was deel van die Suid-Afrikaanse politieke klimaat lank voor die Britse skakelmaatskappy, Bell Pottinger, se betrokkenheid met die Gupta-gesin. Joan-Marie Verhoef berig dat Atul Gupta tydens die onderhoud, Bell Potinger, wat aangekla word van rasse-verdeling in Suid-Afrika, verdedig het.