Die Afrika Streeksentrum van die Nuwe Ontwikkelingsbank word vandag bekendgestel. Die BRICS-lande het 'n ooreenkoms vir die stigting van die Nuwe Ontwikkelingsbank in 2014 by die sesde BRICS-beraad in Julie 2014 onderteken. Die bank se hoofkwartier is amptelik in Februarie 2016 in Shanghai, China geopen. President Jacob Zuma is vandag by die bank se bekendstelling in Johannesburg. 'n Ekonoom van Macquarie Securities, dr. Elna Moolman het aan Dianke Nel gesê lenings van die Nuwe Ontwikkelingsbank is steeds onderhewig aan deeglike analise van die meriete van die aansoek asook die vermoë van die instelling om dit terug te betaal.