n Ongeluk by 'n verkeerslig in Bangkok, Thailand, het tot die redding van 88 itermago's gelei. Die bestuurder van die voertuig het onmiddelik op die vlug geslaan na die botsing, waarna die polisie op die diere afgekom het in sy voertuig. Al die sitplekke in die voertuig behalwe die bestuurder sin is verwyder en die itermagos is in mandjies en sakke vervoer. Hier op eie bodem sê die voorsitter van die Afrika Itermago Werksgroep, Darren Pietersen, veroorsaak stropery en die droogte dat die spesie ook onder hewige druk verkeer.