Die Verkiesingshof het die Verkiesingskommissie tot einde November tyd verskaf om tussen-verkiesings in die Metsimaholo Munisipaliteit in die Vrystaat te hou. Die Senior Bestuurder vir Verkiesings aangeleenthede, Granville Abrahams het aan Metzi van der Merwe gesê, hy skat die verkiesing sal in middel November gebeur. Die munisipaliteit moes ontbind omdat dit nie die begroting kon goedkeur nie.