Die Vryheidsfront Plus, sê die Minister van Polisie, Fikile Mbalula moet onmiddelik die hoof van die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat, Robert Mcbride, skors, hangende die afhandeling van 'n saak teen hom. Dit volg na Mcbride R10 000 borgtog toegestaan is, nadat hy in die Pretoria Landdroshof verskyn het op aanklagte van aanranding. Sy dogter het die klagte gelê en voer aan hy het haar aangerand en gewurg. McBride het die aantuigings vroeër ontken. Die saak is uitgestel tot die 2 de Oktober. Die leier van die VF plus, dr Pieter Groenewald sê die hoof van OPOD kan nie met sulke sake bemoeid wees nie.