Boerbok-boerdery in Suid-Afrika is besig om te groei en 'n kenner skryf dit toe aan die gesondheidsvoordele wat die diere se vleis inhou. Die voorsitter van die Bosveldboerbok-klub, Joubert Fourie sê die vleis is nog laer in vet as volstruisvleis. Fourie het by die jaarliks Pretoria Boerbokskou gesê dat die aanvraag na die vleis van boerbokke van so aard is dat hulle dit in slaghuise kan begin bemark. Hy sê egter dat daar nog nie genoeg bokke is om aan die vraag te voorsien nie