Daar is al hoe meer druk op die politieke leier, Aung San Sui Kyi om die diskriminasie, en gepaardgaande geweld, teen die Rohingya Moslems minderheidsgroep in Mianmar te veroordeel. Minstens 30 duisend mense het al 'n internasionale petisie onderteken, dat Aung San Sui Kyi haar Nobelprys vir Vrede moet teruggee. Melissa Tighy het met Roelf Meyer van die In Transformation Initiative oor die saak gepraat. Die In Transformation Initiative help lande met konflikoplossing. Intussen het sy gesê dat haar regering almal in die Rakhine staat beskerm. Suu Kyi sê verder dat daar daar selektiewe inligting is wat versprei word, wat net seker belange uitlig.