Sestien jaar gelede is die wêreld tot stilstand geruk toe vliegtuie in die Amerikaanse Wêreld Handelsentrum vasgevlieg het. Byna drie duiend mense het in die voorval omgekom, minstens ses duisend mense is beseer en skade het sowat tien miljard Amerikaanse Dollar beloop. Intussen meen Jasmine Opperman, die Afrika direkteur van die Terreur Navorsings- en Ontledingskonsortium, Amerika het nie geleer uit die gevolge van die ramp nie. Sy het met Marlinee Fouche gepraat.