Die sakesektor moet verseker dat daar ekonomiese groei in die land is en Suid-Afrikaners moet aanhou om hulle belasting te betaal. Dit is die boodskap van die finansiesminister, Malusi Gigaba tydens die opening van die 2017 Belasting Indaba wat tans in Sandton gehou word. Gigaba sê fiskale en monetere beleid moet verbruikers aanmoedig om te bestee. Die ekonoom Ulrich Joubert sê verbruikers vertrou tans nie die situasie nie en bestee dus glad nie. Hy het met Suzanne Paxton gepraat.