Die verskillende provinsiale -omgewingsbewaringswetgewing in die land, wat nie heeltemal inskakel by nasionale omgewingsbewaringswetgewing nie, kan die land se natuurlewe bedreig. Verskeie bewarings organisasies is ook van mening dat die Departement van Omgewingsake nie oor behoorlike mannekrag beskik om hulle werk te doen nie, en daarom gebeur dit dat 'n trop leeus ontsnap sonder dat enigeen weet waar hulle vandaan kom. 'n Prokureur in Wildlewe Omgewingsbewaringsreg by die Sentrum vir Omgewings regte, Adila Agjee sê dit wil voorkom of daar baie verwarring is ten opsigte van watter wetgewing ,waar van toepassing is.