Die kanse dat die staat, BTW sal verhoog om die staatskoffers te kan vul, is onwaarskynlik. Dit is die mening van 'n afgetrede vennoot van die LDP Groep in Stellenbosch en voltydse LLD Navorser, Fran du Plessis. Dit volg na die minister van finansies vroeër by die 2017 belasting Indaba, wat in Sandton gehou word, gesê het maatskappye moet harder werk om die ekonomie te help stabiliseer en dat die publiek getrou hulle belasting moet betaal. Du Plessis sê die vraag is nou wat die minister gaan doen om meer geld te in, want die staatskas loop leeg.