Die voormalige adjunk-minister van Hoër Onderwys, Mduduzi Manana het vanoggend skuldig gepleit op twee aanklagte van aanranding teen hom. Dit volg nadat hy verlede maand glo twee vroue by 'n kuierplek in Johannesburg geslaan het. Die DA se studente organisasie sowel as die party se vroue-netwerk het vanoggend voor die Landdroshof in Randburg betoog, waar Manana vir 'n tweede keer verskyn het. Joan-Marie Verhoef berig dat die organisasies nie tevrede is met Manana as parlementslid nie.