Meer as 2000 mense sterf jaarliks weens lugbesoedeling wat veroorsaak word deur steenkoolkragstasies in Suid-Afrika. Dit kos ook die land 30 miljard Rand per jaar aan siekverlof, mediese behandeling en hospitaalkostes, weens siektes wat mense kry van die lugbesoedeling. Die statistiek is vervat in 'n verslag van 'n Britse lugbesoedling en lug-gehalte kenner, Dr Mike Holland. Die direkteur van die Sentrum vir Omgewingsreg in Kaapstad, Melissa Fourie sê as die regering nie dringend na oplossings vir die probleem kyk nie, gaan hulle geen ander keuse hê as om hof toe te gaan om mense se regte in die verband te beskerm nie.