'n Ma van 'n student by die Filmskool AFDA in Johannesburg beweer dat beursgeld van 'n SETA nie ten volle uitbetaal word nie. Sy sê die staatsinstansie het 'n volle beurs aan haar dogter toegestaan, 'n ruim agt-en-sestig-duisend rand. Dit was egter onder die voorwaarde dat sy eers vyftig persent daarvan aan die skool betaal, waarna die SETA daardie bedrag aan haar sal terugbetaal. Joan-Marie Verhoef berig dat sy tot op datum nog nie daardie geld ontvang het nie.