Waarheen is die post apartheidsera-debat op pad? Dit is die vraag na 'n bekgeveg tussen Afriforum en Jacaranda FM uitgebreek het oor 'n uitlating deur een van hulle omroepers rakende swart en wit mense. Die debat het al so warm geraak dat adverteerders onttrek van die stasie, en mense weier dat werknemers van die stasie by hulle optree. 'n Professor in Openbare Leierskap aan die Universiteit Stellenbosch, Erwin Schwella sê in hierdie hoogs gespanne samelewing kort Suid-Afrika nou meer as ooit behoorlike politieke leierskap.