September is doofheid-bewustheidsmaand. Daar is ongeveer 'n miljoen dowe en hardhorende mense in Suid-Afrika. Meneer, Mevrou en Mejuffrou Dowe SA 2017 is die afgelope maand aangewys. Mej Dowe SA, Chantelle Pretoruis van Barkley-Oos in die Oos -Kaap, is op 11 maande met breinvliesontsteking gediagnoseer en was daarna byna heeltemal doof. Maar met 'n kogleêre inplanting kon sy haar skoolloopbaan in 'n hoofstroomskool voltooi. Nie net het Pretorius vanjaar haar slag op die loopplank gewys nie, sy is ook 'n kranige sokkerspeler....