Staatsdienspensioenfondse is nie veilig nie, ondanks dit wat die Minister van Finansies, Malusi Gigaba onderneem het. Dit is die mening van Emeritus Professor in openbare leierskap en bestuur aan die Universiteite van Stellenbosch en Johannesburg, Fanie Cloete. Dit volg na Gigaba se uitlatings gister tydens 'n mediakonferensie dat die Openbare Beleggingskorporasie se fondse nie geplunder sal word om sukkelende staatsinstellings te red nie. Gerugte het die naweek in koerante die rondte gdoen dat die OBK vrese het in die verband. Cloete sê dat Gigaba nie baie geloofwaardig is nie