Die 18de Wysigingswetsontwerp van Artikel 25 van die Grondwet vir grondonteiening sonder vergoeding, word vandag ter tafel gelê. Kenners meen die kans dat dit 'n tweederde-meerderheidstem in die parlement sal kry, is klein. Momentum en Unisa se Finansiële Welstandindeks wys dat vroue weens gebrekkige finansies, vasgevang is in ongunstige maatskaplike toestande. Boere in die Leeuwgamka-omgewing in die Karoo kan nie genoeg dankie sê vir die afgelope ses weke se reën nie, ná 'n droogte van agt jaar. Ons bring jou op hoogte van die nadraai van swaar reën in die Suid-Kaap. Die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, word beskuldig dat hy voete sleep om die nuwe reëls van die Prasa Subfonds af te teken.