Die feit dat oud-soldate deur regerings genooi word om sekuriteitskwessies, of selfs krisisse rondom terroristegroepe op te los, is niks nuut nie en is 'n allerdaagse praktyk. 'n Dagblad berig dat eenhonderd Suid-Afrikaners deel sal vorm van 'n multinasionale span private militêre kundiges wat na Nigerië op pad is om opleiding aan die Nigeriese weermag te verleen met die oog om die terroristegroep, Boko Haram, te vernietig. Die militêre kenner en skrywer vir Defence Web Africa, Darren Olivier, sê dit maak sin om private kontrakteurs van Suid-Afrika te gebruik, omdat hulle so goed is in wat hulle doen. Olivier sê as die Nigeriese regering hulle nooi, is dit ook nie onwettig nie en tree hulle nie op as huursoldate nie.