'n Belangrike aankondiging oor veranderinge in die EFF se bestuur word vandag verwag. Johannesburg City Power sê hy verminder die kraglading in dele van die stad om die netwerk te beskerm. Ons praat met die GOOD-party oor hoekom hy 'n koalisie-ooreenkoms met die Patriotic Alliance en die ANC in die Theewaterskloof plaaslike munisipaliteit beëindig het.
Die Johannesburg Metro kan teen Vrydag reeds 'n nuwe uitvoerende burgemeester hê. Suid-Afrika het 'n tekort van meer as 8 000 speurders - Rise Mzansi sê landsburgers moet bekommerd wees oor hulle veiligheid. Die Afrika Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming verklaar die Apokke-uitbreking in Afrika as ’n gesondheidsnoodtoestand. Nog 'n grensstreek in Rusland kondig 'n noodtoestand af ná aanvalle deur Oekraïense magte.
Johannesburg se burgemeester, Kabelo Gwamanda, bedank. Ons praat met 'n ekonoom oor die jongste werkloosheidsyfers, Suid-Afrika se Olimpiese Spele-span is terug in die land. Ons vind meer uit die Trust vir Bedreigde Natuurlewe se groot leeu-telprojek.
Ace Magashule se destydse persoonlike assistent verskyn in 'n Bloemfonteinse hof. Drie mense sterf en talle beseer in 'n botsing buite Mbombela. Ons nuwe Mej. Suid-Afrika kuier in die ateljee. Ons praat met 'n politieke ontleder oor Oekraïense magte wat die Koersk-gebied in Rusland binnegedring het.
Die regering vier Vrouedag op Pofadder in die Noord-Kaap. 'n Nuwe wending in die asbesdakverwyderingsaak in die Vrystaat. Die SA Sioniste Federasie reageer op skerp kritiek teen Israel se eerste minister, Benjamin Netanjahoe.
Oorstromings in Malmesbury en Chatsworth aangemeld nadat twee damwalle meegee. Twee mense word vermis weens die oorstromings. Die regering se voorwaardelike aanspreeklikhede vir openbare maatskappye, wat uit hofsake spruit, het teen einde Maart sowat R21 miljard beloop. Op die vooraand van Vrouedag kyk ons hoe verteenwoordigend vroue in die howe is.
Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, is oop vir gesprek oor die Nasionale Gesondheidsversekering. Die EFF-leier, Julius Malema, vra vir 'n deegelike ondersoek na die skietdood van 'n raadslid in Johannesburg. Hamas stel Yahya Sinwar as sy nuwe hoofleier aan.
Die skietdood van 'n EFF-raadslid in Johannesburg word ondersoek. Asiese markte herstel te midde van kommer oor 'n moontlike resessie in Amerika. Bangladesj se parlement sal binnekort ontbind word om 'n tussentydse regering te vorm.
ANC-president Cyril Ramaphosa belowe om in te gryp by wanfunksionele munisipaliteite. Libiërs wat glo opleiding by 'n onwettige weermagkamp gekry het, verskyn vandag in die hof. Brittanje se premier gaan 'n noodvergadering hou nadat openbare geweld in verskeie dorpe en stede uitgebreek het.
Hoe bang moet Suid-Afrikaners wees vir hulle land se hoogs verrykte uraan? Agri Wes-Kaap praat oor die stand van landbou ná dié provinsie se buitengewone baie reën. Bo-normale reën word vir die somerreënvalgebied voorspel.
49 min
About Spektrum
From the publisher's feed
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.