Die ANC in Noordwes se provinsiale konferensie is uitgestel, en verskeie takke eis dat lede van die dispuutresolusie-komitee verwyder moet word. Die Franse president verloor sy volstrekte meerderheid in die parlement, maar wat beteken dit vir ons? Die Regterpresident van die Appèlhof, Mandisa Maya, voer haar onderhoud om die volgende adjunkhoofregter van die land te word. Ons bring jou die jongste vanuit Wene, waar 'n kernwapenkonferensie gehou word. Die Olimpiese medaljewenner in branderplankry, Bianca Buitendag, is die nuutste ambassadeur vir Laureus Sport For Good South Africa.